Blog

« Vodacom Super Rugby preview – round 5 | Main | Vodacom Super Rugby Review – Round 5 »

Saturday, 24 March 2012

TrackBack

TrackBack URL for this entry:
http://www.typepad.com/services/trackback/6a010534fb51b5970b0168e930799c970c

Listed below are links to weblogs that reference DHL Stormers remain unbeaten and top the overall log:

Comments

Feed You can follow this conversation by subscribing to the comment feed for this post.

3MaN

Nog 'n wen. Netjies manne! Doen so voort. Die volgende ene gaan 'n GROTE wees teen die barbiepoppe van Pretoria.

Go Stormers!

Louis

Alhoewel ek baie bly is oor die wen teen die Lions is ek tog baie bekommerd dat ons onwillig is om die beste agterlyn in die kompetisie te gebruik. Dit lyk asof die afrigters geen vertroue in die agterlyn het nie.Ek glo dat dit die gameplan is, maar my kinders het later vir die Lions begin skree net omdat hulle bereid is om met die bal te hardloop. Deur sulke oninteresante en vervelige rugby te speel gaan die Stormers nog baie wedstryde en ondersteuners verloor.

Stefan

Steeds onoorwonne maar, ek se dit al 4 jaar en ek se dit weer - Brok Harris hoort nie in die backline nie en Duvenhage hoort glad nie in die span nie.

Duvenhage se opsieneming is seker die swakste van enige skrummie in die kompetisie, ek wonder hoeveel driee het ons oor die laaste paar jaar verloor omdat hy ALTYD blindside gaan op die aanval. En toe ons die naweek die Lions op die toue het met 'n (Soos Skinstad ook uitgesaai het) 2 man overlap aan die oopkant toe pass hy blindside vir Jean wat die enigste speler aan daai kant was met 5 verdedigers voor hom. En dan die vinnige tukkie reg voor die pale was malligheid in so 'n tight game, en dan na die tukkie gooi hy nog 'n intercept pass. En sy skopvoet is nie goed genoeg nie.

Nou die dag het Divan Serfontein ook op TV gese Duvenhage is waar die WP se probleem le, en min mense kan hom iets van skrumskakelspel vertel.

Moet se jong Kolisi gaan 'n superster word. Etsebeth, Kitshoff en Malherbe ook masiewe toekoms voor hulle.

Welkom terug Bryan Habana.

Kan ek nie 'n fondsinsameling doen om geld bymekaar te maak om Sarel Pretorius te koop nie, hy sal terugkom SA toe want hy wil vir Bokke speel.

Ryno

Die Stormers het gewen, maar om die eerlike waarheid te se as hulle trofees wil wen sal hulle kanse moet waag. Dis asof hulle altyd probeer veilig speel. Om so te speel kan 'n span dalk meer wedstryde wen as wat hul verloor, maar trofees sal jou altyd ontwyk.

In my opinie, die tye wat die WP die Curriebeker gewen het, was dit nie agv goeie verdediging, maar agv goeie aanvalswerk en met tye stukkies briljantheid van individuele spelers. Die enigste aspek waarop die Stormers/WP die afgelope ruk met rasseskrede verbeter het, is die samespel van die vaste 5. Ons gevaarlike agterlyn word egter nie ten volle benut nie.

Daar moet erens 'n beter skrummie wees as Duvenhage. Waar is die Divans en die Francois Hougaards?

Kortliks: Komaan, Stormers hou op katvoet wees en speel rugby!!!!

Riaan - Bellville

As ek my span se vertoning met die Bulls sin vergelyk, dan huil ek in my hande!
Kan julle nou sien hoekom gee die manne nog op strepe pad uit die WP uit.
Hulle het vir 65 minute gestaan en kyk hoe 'n klomp onervare Lions outjies rugby speel en amper nog kon gewen het ook.
Wat gaan aan, is hulle alweer nie fiks nie, bang hulle word moeg as hulle speel?
Hier kom 'n helse pak slae en (weereens) vernedering volgende week.
Disablom, wat sê jy?

Christo Cloete

Ai manne wat n naelkou besigheid,wat is fout met ons koppe, hoe kan jy binne 20 min 18-0 voorloop en dan moet jy op einde bid om te wen, dit werk mos nie so nie. Wat gaan aan met senior spelers, ek het die gevoel gekry ons het op n stadium begin panik en toe rol die foute en niks wou reg loop nie, en asb mense daai haker Ntubeni wat in Tiaan se plek op gekom het ek weet nie, hy was uit sy diepte of vlakte noem wat jy wil, hoe ver is Deon reg van speel af want ons het hom nou nodig saam met Tiaan. Ek hoop nie die game het te veel van ons getap vir komende Saterdag nie, want die Bulle lek hul lippe af vir ons hul nou eweskielik die Champs, komaan manne die game teen Bulle ek pleit by julle jul gaan meer as jul lywe op spel moet sit, die Kaapse spelers soos Hougaard, Sadie en Engelbrecht lek hul lippe af soos nog nooit tevore nie. Wat gaan jul doen hier omtrent? Dink daaroor na asb hier kom n rilleren ons sal 200% beter moet speel as teen Leeus, dankie vir die wen n wen is n wen, aar asb nou kom die grootste een. Sterkte vir week manne, jul moet asb deeglik beplan en besin.

Trevor

Ek is n Stormer, maar my broek het gebewe, Die Leeus het goed gespeel!! Die grootste down-fall vir die Stormers was ons eie skrumskakel wat doelloos die bal wegskop, sonder enige plan, te ver vir goeie opvolg en enige vorm van pressure te kan toepas. In weklikheid het hy geen idee wat om met die bal te doen nie en het dit basies vir die Leeus gegee om maar net weer en weer te kan aanval. Duh!! Word die ou betaal om te speel??? Indien wel, wie het hom gekies??? Vra maar net!!!

Allie

ek wil nie kla nie - maar moet se dit was nie lekker om my span so te aanskou nie!!! puik begin en toe slap laat le! Lions het toe puik in die game gekom en bal beheer en die verdediging-telling se alles! dis al wat ons toe verder in die game gedoen het! en ons onvermoe om die losbal te "contest" was goed ontbloot deur n begeesterde Lions span. Ek het baie meer verwag en reggemaak vir n lekker wen - en toe mos ons "bid" vir n wen!!
nee wat - drastiese verbetering nodig om die barbies te kan trotseer - ons coaches moet dalk ook bietjie kers opsteek by hulle! en dit maak seer om dit te se!!
baie bly oor Habana se puik vorm wat begin deurkom - ook so puik vir Kolise en Vermeulen wat uiters hard gewerk het!
ons het gewen, maar van slaankrag agter en gebruik van ons spelbrekers kom daar bitter min!
sterkte met die voorbereiding die week! julle moet dit doen! ons moet net!!

Riana

Baie geluk met 'n oorwinning gister, al sou ek wou sien dat die vlak van spel waarmee julle begin het, enduit gehandhaaf word. Ek hoef dit nie te sê nie, ons weet almal volgende naweek se stryd gaan die taaiste een wees en die een wat ons die minste van almal wil verloor.

Dus is dit vir my jammer dat sommige ondersteuners so afbrekend en persoonlik in hulle kritiek kan raak. Die meeste spelers het seker beter en slegter wedstryde en ek glo altyd hulle is meer krities op hulleself as wat ons ooit kan wees, hulle is terde-e bewus van hulle eie foute - en sjoe, etikette soos "slegste" en "swakste" is bietjie kwaai. Is dit nie dan beter om te sê: "Dit sou beter werk as X of Y bietjie meer ... "
En om op die negatiewe te fokus trek 'n streep deur die regte dinge en goeie wedstryde wat 'n speler al wel gehad het. Teen die Blues het Morne Steyn 'n slegte wedstryd gehad - maak dit hom 'n slegte speler? Verlede jaar het Habana op hierdie selfde blog baie kritiek gekry - hier het hy nou in die afgelope twee wedstryde bewys hy kan nie so maklik afgeskryf word as 'n has been nie.

Geen span, en dit sluit al die spelers in wat in hulleself en in mekaar moet glo en moet kan saamstaan, het mooiweerondersteuners nodig nie. Stormers, ek wil bitter graag hê julle moet wen teen die Bulls volgende naweek, ek staan 100% agter julle, elke een wat gaan speel. My senuwees gaan gedaan wees, my bure se ore gaan dit ontgeld. Glo in julleself, werk saam as 'n span, en vermy daardie foute wat strafskoppe teen julle kan bring. Mag julle voete gevleueld, julle o-e skerp, julle hande raak, julle bene sterk, julle oordeel in die kol wees.
En mag julle daardie koeitjies wys wie's baas op Nuweland.

rob

goed dat die manne gesukkel het. sal reg ingestel wees vir saterdag se game teen bulle. foute en laat slaple het ons amper die game gekos. aanslaan van koster vanaf afskop, strafskop wat pietersen nie uitgeskop het nie en 'n bitter swak wedstryd vir Duvenhage. kan nie bekostig om sulke foute te maak nie. lekker hard werk die week en kry die fokus reg vir die naweek. gaan kliphard wees. sal dalk met 5-2 split die naweek gaan met Elstadt 'n moet

Smithy

Swak game maar dankbaar oor die wen.n paar veranderinge,nuwe coach,ons het die beste spelers maar hulle word nie gebruik nie,sit vir Aplon op heel agter en bring vir Van Heerden op Wing en laat Pietersen n bietjie rus en laat Grant palle toe skop want hy doen doen niks in die team nie.en laat die voorspelers in hul eie posisies speel en nie in die backline nie ASB.

Pat

When the Stormers had the upper hand early on they played much too conservatively. Instead of going for goal they should have gone for line-outs to try and force a greater advantage. They just don’t seem to know when to go for the kill. The team has been criticized in the past for not going for goal but the situation warranted a more attacking approach.

I agree with Stefan and others who remarked that Duvenhage is far below standard and his woeful decision making is going to cost the Stormers greatly at a time it matters most. Of course I hope that he shuts his critics up well and good next Saturday but I will not be betting on it.

Having won all their games and only being ahead with 1 point is disheartening. I don’t see any team opening up a big lead over the others in this year’s competition and bonus points are going to be vital. Like others have been saying a more attacking game is the way to go.

I think all the criticism is because the supports don’t believe this team can go all the way. Playing badly against a second string team adds to the frustration of not having won anything for over a decade. I wonder if the players believe they can win the comp?

The season is long, a lot of hard work ahead, all the best for next weekend!

Alec

Ek's n STORMER maar n bekommerde een - Om die beker te wen sal julle moet begin speel -- nie net verdedig nie. Vat kanse speel die die spel -- wys dat julle ook kan hardloop met bal in die hand en n uitklophou kan plant. (ek wil dit nie se nie maar doen dit soos die Bloubulle het dit gedoen Saterdag)

Duvenage is seer sekerlik die swakste speler in die span --- en moenie net skop nie (Pietersen) --- dink wat met die bal gaan gebeur as dit grondvat.

Kom ouens

Disablom

hi Riaan - ja ons is bly oor die wen maar dit was "close", na 1ste 20 min het ek gedink so ja nou kan ons gaan vir bonuspunt wen maar helaas nie so uitgedraai nie. moet egter Lions krediet gee hulle was puik en het alles ingesit. ons weet dat hulle 'n moeilike span is om te wen veral in Jhb. stem saam met wat oor Dewies gese word, hy het nie goeie wedstryd gehad nie in teenstelling met een teen Blues. sy besluitneming is nie goed nie en dit plaas agterlyn onder druk. kan nou maar se wat jy wil maar jou no 9,10 en 12 bepaal hoe goed jou agterlyn aan die gang kom en ons s'n doen dit nie tans nie. so ek weet nie juis wat die oplossing is nie?? totdat daardie 3 nie "fire" nie sal ons gevaarlike agterlyn niks uitrig nie. ook teleurstellend vir my is ons onvermoe om van agter aan te val veral met teenaanvalle? dit lyk nog steeds of ons nie "attacking mindset" het nie eerder 'n verdedigings een...dit is seker ook maar hoe AC en span die wedstryde benader en is resultaat van waaraan die meeste aandag gegee word. dit gaan 'n reuse wedstryd wees tn die Bulls - hulle lyk baie goed as 'n eenheid. stem ook oor 5/2 split en Elstadt moet van bank speel. baie sterkte vir week boys ons is nog steeds trots op julle en die jonges doen werklik uitstekend...ook baie geluk aan die WP Vodies span. interessant om te lees wat Dobbo oor JP te se het in vanoggend se Burger...ek glo ook hy het vermoe om nog beter as Sadie te raak, dit doen hom goed om in Vod Cup te speel vanjaar, hy sal baie baat vind daarby en hopelik in 2013 by Superrugby betrokke wees.

Dave

Geluk met wen maar die hierdie leeus span is dit nie wat telling moet wees. Duvenhage hoort nie eers in vodacom span skop direk uit skop die bal die hele game onnodig weg glad nie takties geskop. Ntubeni se ingooie op einde kon ons maklik die game gekos het hoe hoort hy in super 15 vlak. Agterlyn het geen slaankrag weet nie wat word elke week afgerig. Ons lyk nogsteeds nie lus om te speel vir 80min. ASB verduidelik asb vir Brok harris dat hy nie 'n senter is al wil hy hoe graag wees. Harde werk wag as julle bulle wil wen 'n span wat lus lyk om rugby te speel

Koos deVilliers

Ek lees wat al die keners se, want die ouens wat hier skryf lyk my KEN rugby!! Ek is en sal altyd n WP en Stormer ondersteuner bly, maar MAGTIG mense hoelank moet die manne nog tjommel? Jy kan sien hul word afgerig om so te speel en as hul op die veld is dan wwet die spelers nie wat om met die bal te doen as dinge verkeerd loop nie. Ek stem saam met een van die vorige skrywers dat daar n helse uittog van spelers gaan wees as dinge nie drasties verander nie. ALISTAR en sy afrigting span vaar swak en moet nou waaragtig ophou om so een dimensioneel te speel. Ons het al die spelers(baie goeies daarby gese)maar dit is asof hul sag is asander spanne teen hul inklim. Ons het niemand wat vir die bal gaan nie almal staan rond en kyk hoe die ander span se spelers die bal keer op keer afneem en daamee speel. As ons die bal kry dan SKOP ONS Ons weet nie meer wat dit is oaan te val nie. Elkeen op sy eie, elkeen sonder doel en skop ons is dit doelloos. Duvenhage speel nie goed nie, ek hou meer van Groom. Weer net nie hoe hy Saterdag gespeel het nie, want dit blyk dat die WP Mook maaar gesukkel het, WANT HUL WORD SO AFGERIG. Gee die ouens neer vrye teuls en LAAT DIE BAL DIE WERK DOEN. Ons het onsself nou al twee jaar gevestig as die beste verdedigers, so what? Druk driee en hardloop met die bal, hou op om dit WEG te skop.
Ek vertou julle wen Saterdag anders in MOERSE pakslae jul voorland!!!!!!!
BAIE SUUR OU KOOS.

rob

Stem nie heeltemal saam nie ou suur koos. Dis maklik om te se die ouens is net defence ingestel. Goeie defence is egter ononderhandelbaar in hierdie kompetisie en het ons die afgelope 3 seisoene games laat wen wat ons moes verloor het. Ek wen eerder lelik as wat ek mooi verloor. Vra maar die cheetahs en sharks met swak defense wat hul die naweek hul games laat verloor het. Jy praat van spelers uittogte, waarheen nogal? Neewat ek het dit al baie gese op hierdie blog, hou op om heeltyd die negatiewe uit te haal, mens sou sweer julle wil he die stormers moet verloor! Sterkte vir die manne met hierdie week se voorbereiding en kan nie wag vir Saterdag wanneer die pienkes terugkom aarde toe op Nuweland!

Riaan - Bellville

Ek stem 100% saam met BAIE SUUR OU KOOS, want ek voel ook al so!
En net om te wys ons voel nie alleen so nie, hier volg 'n uittreksel uit wat 'n Engelse joernalis vanoggend in die koerant geskryf het:
"ALLISTER COETZEE needs to stamp out the fear of failure that is currently restricting the Stormers.
That fear was clearly evident against the Lions at the weekend and it was present in the first three games as well. To go from being 18-0 up after 26 minutes to holding on for dear life for the victory in the second half was not good enough. It was almost as if the players felt that they had already won the game, and despite the Lions scoring before halftime and going full tilt in the second half, the Stormers couldn’t regain control despite getting a few opportunities to hit back.
In the second half, when the Lions carried out their impressive ball-in-hand game, no one took responsibility for the Stormers to pull things together and change the course of the game. Instead, it appeared as if they were just happy to make their tackles, roll away and be up to make the next tackle.
Skipper Jean de Villiers seemed out on his feet towards the end with the amount of courageous tackles he had made, taking down big forwards as decisively as he did the likes of Butch James and Jaco Taute.
It looked as if the Stormers were the young team who didn’t know what was up next and the Lions who had reached the Super Rugby final and semifinal in the last two years."
Is dit nie absoluut waar nie?
GATVOL VERBY RIAAN.

Stoneswp

net `n vraag. is ons nie die enigste onoorwonne span in die moeilikste kompitisie in wereld rugby nie??? want soos van julle praat klink dit asof ons heel onder die log is.
ondersteun die span of bly stil asb!!!
GATVOL VERBY VIR JULLE KLAKOUSE!!!

Neil Williams

Ons vertoning teen Lions sal dien as 'n motivering vir Saterdag. Probleem was ons agsteman en skrumskakel, Koster kan nie kontak vat nie en verloor bal te veel in kontak situasies, kies Elstadt op 7 en skuif Duwayne terug 8ste man toe, dit sal meer lynstaan opsies en vuur voor verskaf. Coetzee moet asb. nie weer al sy senior en ervare spelers voor vervang voordat wedstryd klaar is nie. Ek glo egter ons kan en gaan Bulle wen.

199

Neil jy is rê na 8 en 9 is Coetzee ons grootste probleem

The comments to this entry are closed.

 
archive archive
 
archive archive
 
Calendar
 
October 2012
Sun Mon Tue Wed Thu Fri Sat
1 2 3 4 5 6
7 8 9 10 11 12 13
14 15 16 17 18 19 20
21 22 23 24 25 26 27
28 29 30 31
Calendar
 
 
Multimedia
 
The Supporters Club
 
Online shop