Blog

« Bok coach full of praise for Kolisi | Main | Excitement builds ahead of Argentina’s historic debut »

Monday, 06 August 2012

TrackBack

TrackBack URL for this entry:
http://www.typepad.com/services/trackback/6a010534fb51b5970b01676918be77970b

Listed below are links to weblogs that reference De Jongh called up to Springbok squad:

Comments

Feed You can follow this conversation by subscribing to the comment feed for this post.

Christo Cloete

Baie bly vir Juan, hy is elkgeval mis gekyk deur blou brille. Nou moet ons nog verder geteister word dat bulle jag maak op Nienaber ons defence couch, nee ek weet nie meer nie, ek het so n gevoel hy gaan ons verruil vir mofters. Wie dan nee dit lyk vir my die mofters het ons as target in hul visier, koop ons leeg dan moet hul ons wen. Ek raak sommer naar as ek net daar aan dink. Wel kom ons kyk wat gaan WP bestuur hieromtrent doen, dit begin alhoe duideliker word ons staan maar terug mofters kan maar koop soos hul lus het. Hoekom het Nienaber nie sy kontrak met WP hernu nie, dit dalk rede. Ons sal maar nuus dophou. Hoe lyk ons span vir CC? Wie gaan die 6 ouens wat by bokke is vervang?

Koos deVilliers

Ek is bly vir die ouens wat opgeroep word, maar......
Coetzee moet daadwerklik ondersteuning van sy bestuur ontvang. DIT GEBEUR NIE!!!!! Vra maar rond by die mense wat weet.
Die windgatte daarbo is net daar vir hul eie gewin en worrie nie oor WP RUGBY nie. Ons verloor nie net goeie spelers nie maar ook afrigters.
Ek hou niks van die Bulle nie maar, hulle en die Sharks doen goeie aankope EN BEPLANNING.Hul wil die kompetisies wen en betaal dus daarvoor. Ons hek-inkomste behoort die beste te wees as jy kyk na die bywoning. Wat word van die geld gaan dit in die sakke van die administrateurs of koop hul enkele ouens vir te groot bedrae aan? ERENS IS DAR MOERSE FOUT. Is dit nie tyd ons kry n nuwe bestuur nie? Waar is di eou Springbokke(Morne Dup; Divan; Errol en al die ander)Manne jul moet help om WP weer n krag te maak. Dit is nou al meer as 10 jaar wat ons jaa vir jaar voort ploeter.
Ons speel ook een dimensioneel sonder plan,drif en PASSIE.

Eagle1

Die verskil tussen die WP en die Bulle en Sharks, is dat hulle, die Bulle + Sharks, het manne aan die stuur vir wie dit gaan om Rugby. Van Zyl en Van Graan is manne vir wie dit gaan oor die Unie en sy suksesse. Hulle wil 'n wenspan op alle vlakke van kompetisie hê maak nie saak wat dit kos nie, maar die klomp in die Kaap word deur die klubs en die soustrein gedryf. Wakefield voel vere vir WP Rugby, maar sy steunbasis is sy klubs en almal kruip gat by hom, want die oomblik wanneer enige van die ander wit oud WP en Springbok spelers hom gaan oppeneer, word hulle as rassiste uitgekryt wat apartheid weer wil laat herleef. Kom ons stel dit sommer plat weg in simple afrikaans en bewys my verkeerd: Wakefield en sy klubs sal die kundiges uithou, want hulle is wit en Wakefield het self al die WP span as "te wit" afgemaak. So, wat verwag julle? Bekers? Nee! Kaderontplooiing en soustrein ry? Ja! Ja!

Rob

AMEN Eagle1........jy slaan die spyker op sy kop. Ekself het dit al voorheen opgebring! Net nog iets vir julle om aan te herkou. In 2008 het daar n " revolusie " begin in WP rugby, aangedryf deur die oud SARU klubs. Dis net nadat Oasis batebestuur liewer die Bulle geborg het ipv WP alhoewel hulle die SKW klubspan se hoofborg was hier in plaaslike klubrugby.
Toe al het ampsdraers van daai klubs besluit om daadwerklik veranderinge teweeg te bring in WP rugby, van klubvlak tot provinsiaal, en dat hulle nie sal stop voor hulle groter verteenwoordiging kry op alle vlakke nie, van bestuur tot op die speelveld. Kyk na ons Cravenweekspanne, o/19, 0/21, al die afrigters, die ampsdraers, ens, dan kan julle mos sien hoekom ons niks wen nie. Vir ons gaan dit nie oor wen nie, solank ons net transformeer!!
PS: Ek weet die goed want my seun is n provinsiale/superrugbyspeler en die manne praat ondermekaar!!

Eagle1

Rob, jy en Koos is absoluut korrek. Ons wil vir AC en die en daai kruisig oor die span se (gebrek aan?) prestasies en oor talent wat uit die WP vloei na ander unies ens ens, maar ek raak al hoe meer oortuig dat die kanker van WP-rugby lê by Wakefield en sy gatlakeie - die klubs van die ou SARU. Natuurlik is die afrigter verantwoordelik vir baie sake rakende die span en natuurlik kan en moet hy daarvoor tot verantwoording geroep word, maar Rassie het dit al tussen die lyne gesê dat by WP gaan dit oor onbillike en onoordeelkindige transformasie en in die proses loop jy jou vas as jy vorentoe wil gaan en ek is oortuig dat dit was die oorsaak vir sy vertrek uit die WP. Rassie is 'n lopende rugby brein vir wie dit net oor rugby gaan. Vir my gaan dit by WP rugby, as ek lees watter "stupid" uitsprake kom uit sekere geledere, oor mense in posisies wat totaal onbevoeg is vir die "job", maar sy (politieke?)konneksies maak hom heel veilig in sy pos. Netsoos in die hele staatsdiens en in die Nasionale en Provinsiale regerings gaan dit by WP-rugby ook oor "pay back time" in die vorm van posisies, reuse salarisse, weelde en bitter min oor die uitbou en opbou van rugby in die WP. Gaan besoek hierdie gatlakeie van Wakefield se klubs en dan vra jy vir hulle hulle moet hulle rugby ontwikkelingsplan vir jou wys. My maat, sal eerder eiers onder 'n varksog kry as wat jy by hulle 'n ontwikkelingsplan gaan kry. Hulle wil alles hê, maar hulle kan dit wat hulle ontvang en gekry het nie instand hou en verbeter nie. Ons sien dit daagliks orals waar jy kom in die land en rugby in die WP lyk vir my is deel van hierdie prentjie. Ek glo dat AC probeer doen wat hy kan, maar soos Koos sê, sy bestuur laat hom heelwaarskynlik in die koue en dit kry jy nie by die Bulle en by die Sharks nie en "watch this space": Nienaber is op pad na die Bulle. Die Bulle blaas nie die fluitjie voordat hulle nie reeds die saak beklink het nie en so gaan ons nog bitter lank wag vir enige silwer ware. Ek salueer die span en hulle afrigters vir wat hulle in hierdie situasie vdie afgelope drie jaar bereik het, alhoewel ek nie dink dat Fleckie en Proudfoot, heeltemal die mas op kom nie, maar nouja, hulle is in die saal, kontrakte is blykbaar geteken en nou moet ons maar soos elke jaar, wag en sien. Ek hoop van harte dat wat ek hier gesê het, is totaal onwaar en dat ek die pot heeltemal mis sit. Ek belowe dat as enigiemand vir my die harde feite op die tafel kan sit wat my verkeerd bewys, sal ek die eerste een wees om alles op hierdie blog onvoorwaardelik terug trek en ek sal ry en vir mnr Wakefield in die hande probeer kry en vir hompersoonlik om verskoning gaan vra.

JP

WP rugby is besig om hul ondersteuners weg te dryf en Nuweland sal een van die dae lyk soos Coca Cola park - leeg.. Ons afrigting span verstaan heel duidelik nie wat hul besig is mee nie.. Ons geharde WP ondersteuners wat destyds in die 80's die game begin kyk het het wonderlike jare van WP rugby beleef, die afgelope 11 jaar het ons nog nie weer enige beker glorie, behalwe natuurlik die Vodacom cup die jaar, gehad nie!! Dit beteken dat die jong ondersteunings korps wat afgelope 11 jaar rugby kyk eerder gesien hoe ander provinsies die VC, CC en SR bekers in die lig hou - ek neem hul nie kwalik om eerder een van die "wen" spanne te ondersteun nie..
Ons afrigters het nie die vermoe om die spelers te motiveer nie en dis die verskil tussen AC en sy helpers en die res van die suksesvolle afrigters.. Hoekom het die Sharks ons in die Semis geklop want hul was gefokus en gemotiveerd om die wedstryd te wen, wat die Stormers nie was nie..
Almal praat van die 'Chockers tag' - daar is tag waarheid daar aan..
JP

Christo Cloete

Die eerste CC wedstryd al verby en verloor en ons moet steeds op die Super rugby blog kommentaar lewer. Al hierdie klein dingetjies wat die oorsaak is vir die groot gemors in die WP, ek se weer soos ek al hoeveel kere dit gese het ons sal ons longe uitskree op niks want niks van niks sal gebeur nie.Sommer die eerste tuis wedstryd en ons verloor, waar is ons heen oppad, moet ons nou maar jaar in en jaar uit met die gemors tevrede wees? Nee ek dink ek waai eerder my gesondheid is vir my meer belangriker.

Eagle1

Christo, ek stem met jou saam. Ek het hulle gekontak, want ek het gedink daar is iewers by my fout. Ek kom dood eenvoudig nie by die vars nuus oor WP Rugby uit nie. Dis stokoud nuus wat daar staan en toe antwoord hulle my terug dat ek moet of na die Stormer blog gaan of op Facebook ingaan, maar ek wil by die WP Rugby blog wees. So ek is bly dat jy dieselfde probleem ervaar. Hoop hulle kom gou by! Ek dink nie Francis is die antwoord op loskakel nie. Lyk vir my hy is onbeholpe as hy die bal uitgee. Ek wil so graag positief bly oor die seisoen, maar ai, komende van 'n "choker" super 15 einde, is dit moeilik. Sal maar duim vashou vir Saterdag!

Christo Cloete

Ek sien daar word in die rigting van Elton Jantjies van Leeus gekyk, sal goed wees as ons hom kan kry maar kort saam met hom n gehalte skrummie ook, wat lyk my maar skaars is deesdae. Groome moet dalk meer speelkans kry.

The comments to this entry are closed.

 
archive archive
 
archive archive
 
Calendar
 
October 2012
Sun Mon Tue Wed Thu Fri Sat
1 2 3 4 5 6
7 8 9 10 11 12 13
14 15 16 17 18 19 20
21 22 23 24 25 26 27
28 29 30 31
Calendar
 
 
Multimedia
 
The Supporters Club
 
Online shop